fishing, fishing rod, fishing lures

Ongeveer 15 jaar gelede het die Catch-a-Lot handelsnaam die lig gesien onder bestuur van Protea Oewer- en Karphengelaar Johan Fritz. Hy onthou nog die eerste embleem wat hulle gehad het – dit was die Lancelot man wat in plaas van ‘n swaard, eerder met ‘n visstok gestaan het. Oor die jare het Catch-a-Lot angling meer betrokke geraak by span verband aktiwiteite, en was dips, voere en ase vir spanne waar ek betrokke was, onder die naam, ingevoer, vervaardig, saamgestel en versprei.

Die maatskappy was dan later ook so geregistreer en staan bekend as Catch a Lot Angling (PTY) Ltd. Tydens my hele hengel loopbaan was ek betrokke by baie innoverende hengel produkte, ek was en is nooit ‘n baie atletiese persoon nie, en moes heeltyd aan nuwe tegnieke en middele dink om my ‘n voorsprong te gee teenoor die meer atletiese manne en deesdae jonger manne. Nuwe geure, ase en kleure was altyd vir my baie belangrik.

In die Covid 19 tydperk het ek die besluit gemaak om die Catch-a-Lot reeks in die winkels te sit, maar met ‘n verskil. Ek het gesien watter buitensporige pryse hengelprodukte deesdae op die rakke het. Dit maak hengel baie baie duur vir die hengelaar wat dit vir die liefde van die sport doen. Die uitdaging was en is altyd om ‘n uitstekende produk konstant te lewer waarmee vis gevang kan word en wat kan meeding met enige ander produk wat kwaliteit aanbetref, sonder om die hengelaar se sak te ruk.

Catch-a-Lot produkte word almal onder my persoonlike sorg gemaak en verpak. Met die verpakking het ons wegbeweeg van die duur glasbottels ensovoorts, en eerder ‘n hoë kwaliteit plastiek verpakking oorweeg wat die produk soveel goedkoper maak. Deur die middelman uit te sny het ons ook direkte aankope gedoen van oorsese en plaaslike groothandel vervaardigers, weereens om die produk goedkoper by die verbruiker uit te kry.

Die Catch-a-Lot reeks vir die eerste verspreiding sal bestaan uit:

15 Hoë gehalte konsentrate,

25 Dips

20 Bal Dips

20 Mielies

10 Glugs

10 Brown Bread backings

12 Hard Floats

‘n Molasses Series wat bestaan uit 10 dips

11 Poeiers en kleure

‘n Paar unieke geure waarna hengelaars kan uitsien is byvoorbeeld Butter Popcorn(Butter), Honey X-treme (Chillie/Honey), Dark Chocolate (Chocolate blend) ensovoorts. Die Molasses Series word verpak in ‘n 330ml bottel en is spesifiek ontwerp om te gebruik as ‘n lokmiddel saam met voer om eerstens die vis op jou kol te kry, en daarna dit daar te hou. Dit word gewoonlik in jou voer ingemeng of mildelik oor die balle gegooi wanneer die vis ingetrek moet word; dit is ‘n unieke mengsel van molasse, vegan proteïn, rock salts, vitamienes, geure en kleure, alles wat nodig is om ‘n vis nader te lok. Hierdie dips is volkome PVA veilig en kan ook as Stick mixes gebruik word.

In die Lot-a-Colour reeks, is al die algemene kleure bekend aan hengelaars saamgevat – waar die uniekheid inkom is die 3 “special blend” kleure – Tartrazien, Egg Yellow, en Red wat nie net in water oplos nie, maar ook in enige olie. Hengelaars kan nou selfs hulle olies kleur. Die 10 Glugs wat nou versprei word met die eerste verspreiding is ‘n unieke samestelling van geure, vegan proteïn, rock salts en vitamienes, wat absoluut in hul natuurlike kleure verpak en vermeng is, daar is geen kleurmiddels bygevoeg nie. Sodoende kan hengelaars self kleur byvoeg soos die situasie dit verlang. Hierdie Glugs is ontwerp om die groter vis te teiken en te vang en is volkome PVA veilig.

Al die Catch-a-Lot produkte is sorgvuldig deur jare se hengel ondervinding op all vlakke getoets. Die nuwe reeks produkte wat met die tweede verspreiding op die rakke gaan verskyn is tans onder produksie waarna dit versprei sal word vir toetsing in die mark. Catch-a-Lot is hier om vis te vang, nie hengelaars nie. Ons pryse is laer en ons kwaliteit gee beter waarde vir geld vir hengelaars.

 

Article written by FOR ANGLERS, Find it on their website.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *